3 maande gelede
Fees wys Bonang se film
goeie meisie: Bonang Matheba se fliek Public Figure wys die naweek in Suid-Afrika. Foto: getty images  ~ 

ONSE Queen B se feature film gaan op die 21ste Encounters South African International Documentary Festival gewys word.

Dit is nadat die oorsese mense mal oor dié fliek was toe dit vroeër vanjaar op die Machester Filmfees gewys is.

Die Suid-Afrikaanse fees vind van 6 tot 16 Junie in Johannesburg en Kaapstad plaas.

Internasionaal

Daar gaan op 16 Junie om 20:30 screenings en Q&A-sessies by die V&A Nouveau wees terwyl daar van die ster se vonkelwyn, House of BNG, geproe word.

Die screenings in Johannesburg vind op 15 Junie om 19:30 en weer 20:30 in die Rosebank Nouveau plaas.

Public Figure gaan internasionaal op 18 Junie beskikbaar wees. Dit kan by Amazon en iTunes gekoop of gerent word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters