9 dae gelede
Fees waai(b)! nie met corona
TOT LATER: Die Suidoosterfees is vir eers uitgestel.  ~ Foto Verskaf

DIE fees wat WAAI(B)! is ook vir eers uitgestel weens die corona-krisis.

Daar is dié week aangekondig die Suidoosterfees, wat jaarliks by die Kunstekaap-teaterkompleks plaasvind, gaan nie meer van 27 April tot 1 Mei aangebied word nie.

Die organiseerders sal op ’n latere stadium aankondig wanneer en of die fees steeds gaan plaasvind.

Die Kunstekaap het ook laat weet sy deure bly gesluit te midde van die Covid-19-krisis.

Hy het sy deure op 16 Maart gesluit en sal eers weer op 1 Junie oopmaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters