15 dae gelede
Fees by Kasteel
lekker tye: Die sanger Early B sal by die fees optree.Foto verskaf  ~ 

DIE Khoi Kulcha Founda­tion en Moja Marketing bied die Khoi Kulcha Heritage Fest aan.

“Ons is baie opgewonde oor die fees vanjaar in Kaapstad gaan wees,” vertel die organiseerder Rochey Stone Walters.

Die sanger Early B van die Baai wat geen bekendstelling nodig het nie, gaan sorg dat jy jou lyf ’n lekker tyd kan gee met van sy treffers, soos “Lekker Djy” en “Bang Ten”.

Die saxofoonspeler Don Vino gaan mense weer op sy unieke manier vermaak met musiek van die boonste rakke wat die hart sal laat warm klop.

Kos

DJ Uncle Cal sal almal weer behoorlik laat dans. So, bring beslis gemaklike skoene saam, want die ding gaan ruk!

Daar sal ook heerlike kos, uitstallings en selfs ’n erfenispraatjie wees.

Die fees vind op 28 September by die Kasteel plaas.

Die kunstenaars is Early B, Boeta Gummi, Don Vino, DJ Uncle Cal, Claire Phillips en Rieldansers.

Kaartjies kan by Computicket gekoop word.

Kontak Carla gerus by 082 307 8291 vir inligting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters