3 maande gelede
Families kan biscuit kom skud
Jac JulFoto:Peter Abrahams  ~ 

LOCAL bly mos maar lekker!

En juis daarom moet jy die Hope Caring and Sharing (HCS) Foundation se musiekkonsert Skud Jou Biscuit vir niks misloop nie.

Die HCS Foundation probeer geld insamel vir die leerders van die Laerskool Joubertina en die Hoërskool McLachlan, ook in Joubertina.

Die ding gaan behoorlik ruk op die konsert.

Die “Koekie”-sangeres, Abby James­, en Mr Voete Jik gaan onder andere optree.

Jac Jul, die hitmaker van die gewilde song “Skeerrr My Klere”, gaan ook ’n draai op die konsertverhoog kom maak.

Die musiekkonsert word op Vryheidsdag, 27 April, op die Ravinia-sportterrein gehou.

Die show begin 12:00 en sal tot 18:00 duur.

Kaartjies kos R50 vir volwassenes en R20 vir kinders wat hulle dans-moves wil kom wys.

Bring jou hele­ familie saam en kom skud julle biscuit op die konsert.

Vir meer inligting oor tickets, bel Chrissie by 064 177 2927, Philledine by 060 439 8229 of Hendrika by 065 925 8940.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters