15 dae gelede
Esther se Rolls bekendgestel
Esther Mahlangu
Esther Mahlangu  ~ SABC News

DIE veelbekroonde kunstenaar, Esther Mahlangu, het die Rolls-Royce Phantom bekendgestel wat sy met haar tradisionele Ndebele-kunswerk versier het.

Die bekendstelling was by The Melrose Gallery by die One & Only-hotel in Kaapstad gedoen.

Mahlangu is die eerste Suid-Afrikaner wat gevra is om 'n skildery vir die gallery binne die Phantom te skep.

Sy het in 1991 ook die eerste African en eerste vrou geword om 'n BMW Art Car te skilder. Dis 'n kunsprojek waar 'n BMW as verfdoek gebruik word.

Die Rolls-Royce gaan vanaf 13 tot 16 Februarie by The Melrose Gallery uitgestal word. - SABC News

Esther
Esther se kunswerk binne die Rolls-Royce Phantom.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters