2 maande gelede
Erkenning vir ’n ster
tops: Lady Gaga lewer ’n emosionele speech op die Golden Globe-toekennings.Foto: getty images  ~ 

LADY Gaga is hier om te wen.

Dié sangeres het Sondagaand op die 76ste Golden Globe-toekennings weggestap met die prys vir die beste oorspronklike song vir ’n fliek, “A Star Is Born”.

Lady Gaga het ook ’n baie emosionele toespraak gelewer toe sy haar Golden Globe-toekenning aanvaar het.

Sy het veral gepraat oor die uitdagings wat vroue in die musiekbedryf ervaar, en gesê: “Vroue word nie ernstig geag in die musiekbedryf nie.

“So, ek moet net sê, ek is daarom éérs dankbaar dat ek dié toekenning as ’n musikant en songwriter gebied is.”

Lady Gaga het ook aan E! gesê sy is dankbaar teenoor haar co-star Bradley Cooper.

“Ek het iets ontdek toe ek aan die film gewerk het: alchemy.

“Dis asof ’n mens ’n karakter skep, maar eintlik word jy een met daai karakter.

“Jy ken jou lines, maar jy weet eers regtig wat jy sê wanneer jy op die stel is, en wanneer jy op die stel is, gooi jy alles by die venster uit – dít het Bradley my geleer.”

Geluk, Lady Gaga­!

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters