12 dae gelede
Engel-reeks raak weer kykers se hart aan
GEWILD: John Dye, Roma Downey en Della Reese speel in die reeks.  ~ Foto Verskaf

DIE gewilde reeks van ouds Touched by an Angel is terug!

Dit handel oor drie engele – Monica (Roma Downey), Tess (Della Reese) en Andrew (John Dye) – wat in mense se lewens kom en hulle inspireer en lesse leer.

Van die ander karakters is Adam (Charles Rocket), Jerry (Jeff Olson), Chris­tine Morrow (Linda Hart), Ruth Ann/Amy Russel (Wendy Phillips) en Nick Morrow (Mark Metcalf).

Die reeks was van 1994 tot 2003 op die lug.

In die eerste episode moet Monica ’n 10-jarige seun oppas wat lyk asof hy weggehardloop het van sy huis af.

Maar sy vind uit sy pa is ’n cop en hulle soek na sy ma wat wel van hulle weggehardloop het.

Die reeks het gister begin en sal elke weekdag 14:00 op SABC2 uitgesaai word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters