10 dae gelede
Emo maak swaar keuse
HOERA! Emo Adams en Tarryn Lamb staan trots saam met die vier individuele deelnemers en groep van agt wat dit tot in die top-20 gemaak het.  ~ Foto Verskaf

WOENSDAGAAND het die ding weer geruk op Maak My Famous. Dit was toe die laaste 12 deelnemers van die top-48 opgetree het.

Emo Adams, uitvoerende vervaardiger en aanbieder, het een van sy Emo tickets gebruik om Emma Ellis in die vrouekategorie te red.

Emo sê: “Dit was ’n moeilike keuse vir my. Daar was twee talente wat ek wou save.

Diversiteit

“Emma was een van hulle en Vocal Dynamix was definitief ook een wat vir my uitgestaan het.

“Maar omdat ek reeds ’n groep in die top-20 gehad het, wou ek diversiteit hê, so, Emma was hands down vir my die beste keuse, want haar performance was klein en simple en die song is net so mooi. Haar delivery daarvan was great.”

Hier is die vyf deelnemers wat deurgedring het na die top-20:

  • Henrico Coetzer (27) van Pretoria;
  • Rodney Goliath (19) van die Paarl;
  • Kezia Swarts (18) van Oudtshoorn;
  • Tenacity Movement van Uitsig;
  • Emma Ellis (25) van Port Elizabeth.

Hier is die res van die top-20 wat ons in die volgende paar weke gaan vermaak en sake sal uitspook om die tweede wenner te kroon:

  • Carmen Basson van Hoopstad in die Vrystaat;
  • Henrico Snyders van Vredendal;
  • Jayson Kleinschmidt van die Paarl;
  • Die Wesso’s van George;
  • Xan Logan van Kaapstad (Emo ticket);
  • Rikus Pieters van Kimberley;
  • Defeat SA van Kuilsrivier;
  • Jade Engelbrecht van Mitchells Plain;
  • Ayden & Tamaryn Beukes van Namibië;
  • Nicoleen Saal van Ocean View;
  • Reggie B van Rawsonville;
  • Riché Koopman van Kraaifontein;
  • Gideon “G. Notes” Lottering van George;
  • Nolene “Spinksie” Spinks van Port Elizabeth (Emo ticket­);
  • Daylin Sass van Hanover Park (Emo ticket).

In die volgende episode gaan die eerste 10 talente optree.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters