10 dae gelede
Eminem shady in leaked clip
gefaal: Rihanna se kuns­tenaarsvriend Eminem het haar in die rug gesteek. Foto: getty images  ~ 

AS EMINEM in Breezy se skoene was, sou hy ook vir Rihanna dik gedonner het.

Wel, dis wat die ikoniese rapper, wie se regte naam Marshall Mathers is, in sy lyrics rap.

Ek lees op community.breatheheavy.com iemand het onlangs ’n clip geleak van Em se song waarin hy duidelik Chris Brown se kant kies.

Dié clip kom glo van ’n scrapped lyric van sy collab saam met B.O.B. op die song “Things Get Worse”, wat in 2011 uitgereik is.

Eminem rap: “Natuurlik sal ek Chris se kant kies.

“Ek sal ook ’n teef donner as sy my penis laat jeuk.”

Behalwe dat dit net plain oneerbiedig teenoor enige vrou is, is dit ook oneerbiedig teenoor Em se kastige vriendskap met Rihanna.

Monster

RiRi het nie vir Em gemaak wat hy vandag is nie, want hy’s ’n rap-legende uit eie reg. Maar sy het saam met hom gewerk aan sy twee most chart topping songs “Love the Way You Lie” en “The Monster.”

RiRi, dit lyk toe asof jy vriende met ’n monster was, want Em het geen respek vir jou of enige vrou nie.

Ek sal nooit vergeet hoe blou en opgeswel Rihanna se gesig was toe Chris Brown haar in 2009 in sy kar aangerand het nie.

Dit was regtig nie nodig vir Eminem om dit weer op te haal nie. Daai lyrics het dit nou wel nie tot in die finale take van die song gemaak nie, maar dis daar buite in die wêreld en ons weet nou wat Shady se denkwyse is.

Jy is shady, Slim!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters