5 maande gelede
Eminem en Nicki ís glo ’n couple
Dis glo waar dat Nicki Minaj en Eminem date.Foto: topcelebritygist.com  ~ 

HIER krap ek nou my kop...

Want dis nie meer ’n gerug dat die twee rappers Eminem en Nicki Minaj date nie, maar glo die waarheid!

En Eminem het Vrydag op die Governor’s Ball in New York petrol gegooi oor die gerugte wat oral gebrand het, berig Channel24.

Hy het gesê hy weet iets van Nicki wat sy self nie eens weet nie, en dís dat hulle saamgaan. En dis ál wat hy verklap het.

Kyk, as die twee saam is, gaan hulle mos ’n power couple of note wees in die rap- wêreld, want Eminem is dit topverkoper- rapper van alle tye en Nicki is een van die invloed­rykste vroue in die hip-hop-bedryf.

Sy was Vrydag hoeka ’n gas in sy show en in “Big Bank” rap sy: “Told ’em I met Slim Shady, bag the Em/ Once he go black he’ll be back again.”

Die gerugte het behoorlik vlam gevat op die internet toe een van haar fans haar gevra het of hulle date, en sy ja geantwoord het.

Eers is gedink dis sommer net ’n spottery, maar dit blyk nou after all toe nie.

Dis net, wat verhoudings betref, lê verwoesting in dié twee se verlede gesaai.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters