2 maande gelede
Ellen pakkies impress baie
mamma: Jill Levenberg vertolk die rol van Ellen Pakkies.  ~ 

DIE Ellen Pakkies-fliek het die naweek byna R1 miljoen by die box office gemaak.

Hierdie fliek, wat alreeds oorsee opslae gemaak het, het nou plaaslik ook dieselfde steun gekry.

Die fliek Ellen, Die Ellen Pakkies Storie is op Vrydag 7 September 2018 in plaaslike bioskope uitgereik en het ongelooflike ondersteuning en terugvoer van die Suid-Afrikaanse publiek en media ontvang.

Die skeppers van die aangrypende rolprent is ongelooflik dankbaar vir die suksesvolle openingsnaweek van dié lang verwagte speelfilm.

Die bekroonde prent het R968 408 gedurende die openingsnaweek verdien, wat vooraf bespreekte kaartjieverkope insluit. Die fliek is nou die top- Suid-Afrikaanse fliek en is ook in die sesde plek by die loket. Dit beteken meer as 14 808 kykers het reeds die fliek ondersteun.

Die fliek het alreeds drie toekennings by vanjaar se Silwerskermfees gewen waaronder Beste Draaiboek – Amy Jephta; Beste Aktrise – Jill Levenberg; en Beste Akteur – Jarrid Geduld.

As jy nog nie die fliek gesien het nie, maak seker jy bespreek so gou moontlik jou kaartjie. Moenie vergeet om jou tissues saam cinema toe te vat nie – dis ’n tranetrekker!

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters