16 dae gelede
Ed skop meer as ’n dosyn skoene uit
Kaalvoet? Ed Sheeran het skoene aan ’n hospice geskenk.FOTO VerskAF  ~ 

ED SHEERAN het 18 paar van sy ou slippers en skoene aan ’n charity shop geskenk.

Die 28-jarige Britse sanger het sy PR-span gevra om die footwear aan die St. Elizabeth Hospice in Framlingham, Suffolk, te skenk.

Een paar slippers is nogal van Versace.

Die “Shape of You”-sanger het in Framlingham grootgeword en bly steeds daar saam met sy vrou, Cherry Seaborn.

Gedra

Die bestuurder van St. Elizabeth, Rachail Pollard, sê van die skoene kan vir tot £200 (ongeveer R3 700) verkoop word.

Van die notable footwear wat Ed geskenk het, is ’n paar Timberland-stapskoene, Quicksilver flip-flops en selfs skoene wat hy nog nooit gedra het nie – ’n paar Patrick Ewing baseball boots.

Van die stapgoed is ook al vodde, maar Rachail meen sy kan minstens £100 (ongeveer R1 800) per paar kry. Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters