6 dae gelede
Early B het vroeg begin music maak
Early B  ~ Peoplemagazine.co.za

SEDERT die release van sy eerste album, Aangename Kennis, het die PE rapperEarly B begin naam maak in die Afrikaanse musiekwêreld.

Met treffers soos “Ben 10” (wat die airwaves behoorlik oorgeneem het, selfs op 5FM) en “Potte” kook hy tans.

Channel24 berig die 30-jarige Earl Swartz (sy regte naam), wat die scene met “Leka Djy” gesteel het, het reeds in matriek begin musiek maak.

Hy noem Michael Jackson, Eminem (reg daar), Dr. Dre en The Notorious B.I.G. as sy influences.

Earl het hulle in sy kinderjare op TV uitgetjek en na hulle fans se reaksie gekyk.

Ná skool het Earl meganiese ingenieurswese gaan swot, asook ’n kursus in film-en-TV-produksie. In sy vrye tyd het Earl egter steeds op sy musiek bly fokus.

Hy onthou die oomblik toe hy sy musiek op die lug gehoor het. Hy sê dit was ’n great gevoel.

En nou het Earl se musiek­video’s al meer as 3 miljoen views op YouTube! Hy het ook ’n deal met Universal Music gesluit.

Heelwat van sy sukses kan inderdaad toegeskryf word aan die humor in sy lirieke.

Luister maar net na sy hit “Ben 10”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters