10 dae gelede
Dwayne se ‘laitie’ Kev gou weer oppie been
Whahahah! Dwayne “The Rock” Johnson sê dit gaan nou beter met sy “laitie”, Kevin Hart. foto verskaf  ~ 

AS DWAYNE “The Rock” Johnson eers begin jokes maak oor hoe dit met sy tjommie Kevin Hart gaan, dan kan ons maar ’n sug van verligting slaak.

Die komediant het mos sy rug ernstig beseer in ’n motorongeluk en toe het The Rock vir hom ingestaan as die eerste gas in die splinternuwe The Kelly Clarkson Show.

Ons almal weet mos dié twee het ’n love/ hate relationship en was al saam in ’n hele paar movies, insluitend Jumanji.

The Rock het grappig in Kelly se show laat weet hoe dit met kortgat Kev gaan.

“Alles is goed,” het Dwayne laat hoor. “Ek het met Kevin gepraat. Ek verwys eintlik na hom as my seun. Ek het vandag met hom geconnect en weet jy wat? Dié dinge gebeur. Gelukkig was hy netjies vasgemaak in sy karsitplek. Luister, ek grap maar net. Ons het met die pediater gepraat ...”

Ek dink ons kan aanneem Kevin gaan sommer gou terug op die been wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters