5 dae gelede
Dunamai-hul se toer op pad
kersliedere: Christos Dunamai se Wes-Kaapse toer begin binnekort. foto verskaf  ~ 

DIE gewilde en dinamiese gospelgroep Christos Dunamai van die Oos-Kaap bied sy jaarlikse Kersfeestoer eersdaags aan.

Die manne gaan verskeie dorpe in die Wes-Kaap besoek en hulle fans kan uitsien na sommer baie vermaak. Hier praat ons van pragtige Kersliedjies en musiek uit die boonste rakke.

Die toer loop soos volg: Humansdorp – 14 Desember, Bredasdorp – 15 Desember, Scottville URC – 16 Desember, Hawston – 18 Desember, Ceres – 19 Desember, Piketberg – 20 Desember, Montagu – 21 Desember, Oudtshoorn – 22 Desember, Uitenhage – 25 Desember, en Klipplaat – 27 Desember.

In Kraaifontein vind die konsert by die Verenigende Gereformeerde Kerk Scotts­ville plaas. Toegang kos R50.

Die konsert begin stiptelik 16:00.

Vir meer inligting, kontak Annalean Sampson gerus by 082 909 8059 of Chris Ressouw by 082 947 0444.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters