7 dae gelede
Droom van lewe sonder kroon
SKOK: Die hertog en hertogin van Sussex staan terug van hulle royal duties.  ~ Getty Images

DIE media is in rep en roer oor die skokkende verklaring van die hertog en hertogin van Sussex dat hulle hul royal duties gaan afskaal.

Die egpaar het die nuus Woensdagaand op hulle Instagram-blad aangekondig.

Hulle wil glo hulle tyd tussen Brittanje en Noord-Amerika verdeel en probeer om finansieel onafhanklik (van belastingbetalers se geld) te word.

In die post sê Harry (35) en Meghan (38) hulle praat en dink al maande daaroor, en het nou besluit.

’n Ingeligte na aan die royal gesin sê die besigheid het queen Elizabeth (93), pa Charles (71) en boet William (37) onkant gevang.

Hulle moes op die TV die nuus uitvind. Volgens die informant is die familie omtrent woedend en diep teleurgesteld.

Harry is die tweede prominente lid van die koninklike familie in net drie maande wie se amptelike pligte verander.

Prins Andrew (59) het in November in ’n onderhoud met BBC gesê hy gaan uit die openbare lewe tree. Dít kom ná rampspoedige uitlatings in ’n onderhoud oor sy vriend die sekspes Jeffrey Epstein.

Harry en Meghan gaan vermoedelik na Kanada trek en meer fokus op baba Archie (8 maande) en hulle liefdadigheidsorganisasie, wat binnekort bekend gestel word.

Hulle het darem belowe hulle sal steeds die queen ondersteun en hulle pligte teenoor die Statebond nakom. Daily Mail, Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters