5 dae gelede
‘Dronk Taylor’ is ’n hit
BESOPE? Taylor Swift is na bewering stukkend op ’n video en nou trend dit. Foto: Enews.com  ~ 

TAYLOR Swift se skitterwit image is mos altyd so polish­ed. Dis dié dat fans die naweek omtrent bat­sh*t gegaan het.

Dít nadat ’n video uitgedop het wat blykbaar ’n poepdronk Taylor wys.

En toe het die internet ’n meltdown.

“Drunk Taylor” het onmiddellik op Twitter ge­trend.

Fans het ge­rave dat sy gewillig genoeg is “om op haar eie jam te dans”.

En natuurlik het die Swift­ies haar on point lip-syncing geprys van haar gewilde song “You Need To Calm Down”. Wel, sy behoort te weet, nuh?

Taytay het onlangs op die MTV Video Music Awards saam met haar co-stars in die song se video gejam.

Dit sluit in Laverne Cox, Hannah Hart, A’keria Chanel Davenport, die band Haim, Hayley Kiyoko, Justin Mikita en Chester Lockhart.

In die video dans Taylor word saam met haar fans.

Memes

Sy maak haar hare self deurmekaar en raak selfs betrokke by ’n dramatiese pantomine terwyl sy lip-sync.

Die ander mense kyk haar maar net aan.

En natuurlik val daar nou memes­ agter elke bos uit van fans wat “Drunk Taylor” oral in photoshop.

Beslis ’n geval van “What Shall We Do With a Drunken Taylor?”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters