12 dae gelede
Drie talentvolle entertainers kan jou in jou huis vermaak
INNOVEREND: Jarrad Ricketts host Lunch Time LIve Sondag 14:00.  ~ Peter Abrahams

DINK jou in – ’n luilekker Sondagmiddag met die soet stem van Jarrad Ricketts, die suiwer klank van Don Vino se saxofoon en die grappe van die skreeusnaakse Dalin Oliver.

Jy moet bitter vinnig spring om kaartjies te koop vir Lunch Time Live saam met die Sama-benoemde Jarrad.

Dié uur lange aanlyn konsert vind Sondag van 14:00 plaas. Kaartjies kos R50 op Quicket.

Jarrad sê: “Dis nie net ek wat gaan optree nie: Roderick McKay gaan die grand piano vir my speel; die gewilde Kaapse saxofoonspeler Don Vino gaan ons join, asook die komediant Dalin Oliver.

“Dalin gaan nie net die aanbieder wees nie, hy gaan ook komedie-stukkies inwerk.”

Inperking

Die “Paradise”-sanger beloof Lunch Time Live gaan ’n perfekte simbiose tussen musiek en komedie wees.

Jarrad sê: “Daar is pas aangekondig dat ons op vlak 4 van inperking gaan bly. Ek dink mense is erg gestres en bekommerd en baie sal nie kan teruggaan werk toe nie.

“Mense is ook bekommerd oor die verspreiding van die virus in die Wes-Kaap. So, ons wil graag ’n show doen wat vir mense vreugde bring en hulle laat lag. En dalk vir daai een uur kan hulle vergeet van alles wat daar buite gebeur.”

Jarrad nooi jou en jou hele familie om ná jou Sondag-ete sy eerste live session te geniet.

Hy sê: “Ons wou die show op ’n Sondagmiddag doen oor ons weet ná lunch weet mense nie eintlik wat om te doen nie.

“Ons is in grendeltyd. So, jy kan nie doen wat jy normaalweg op ’n Sondagmiddag doen nie. So, ons het dit goedgedink om ’n lekker family experience te skep.

Jarrad sê 10 minute voor die show sal Quicket vir jou ’n link stuur wat jou reguit na die live sessie sal neem.

Waarvoor wag jy? Kry jou kaartjies!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters