3 dae gelede
Drake blaas ’n vuur aan
Stories: Daar is gerugte dat Kylie Jenner ’n nuwe berk het.  ~ Getty Images

KYLIE Jenner (22) en Drake (33) vry mekaar glo warm.

’n Hele paar informante het verklap die baby momma van Travis Scott en die “God’s Plan” rapper sien mekaar al geruime tyd.

Ek sien in The Wendy Williams Show dié ingeligtes gons oor die baie romantiese uurtjies wat hulle saam deurbring.

Die paadjies van Kylie en haar dogtertjie, Stormi Webster (1), se derra het in Oktober geskei.

En volgens antie Wendy het die stories oor Kylie en Drake begin nadat die jongste Karda­shian/Jenner-sussie Drake se verjaardagpaartie bygewoon het.

Aan People is vertel dat daar beslis iets aan die gang is tussen die tweetjies.

Tjommies

“Hy en Kylie bring deesdae baie tyd saam deur. Hulle is al ’n hele tydjie tjommies en Drake­ is baie na aan die familie.”

’n Ander een laat hoor: “Dit lyk asof hulle mekaar se geselskap geniet. Hulle het (by Drake se paartie) gegrap en Kylie het gelag. Dit lyk asof sy regtig baie gelukkig is en in ’n goeie bui was.

“Sy en Drake het baie gemaklik in mekaar se geselskap gelyk. Dit lyk asof hulle aangetrokke is tot mekaar.”

Nog twee mense het egter ook aan People vertel dat die tweetjies net vrinne is.

Wat dink jy? Is Drake en Kylie tjommies of date hulle stilletjies? Laat weet ons in ons sosiale media wat jy dink!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters