10 dae gelede
Dorp kry ’n gospel show met ’n verskil
Margo Mbuzeli tree in Worcester op.FOTO VERSKAF  ~ 

DIÉ is ’n konsert met ’n verskil.

Die gospelsangeres Margo Mbuzeli bied op 27 Oktober Unplugged in Worcester aan.

Mbuzeli is baie opgewonde oor die konsert en sê dis so lekker om terug te gee in haar gemeenskap.

“Dit breek my hart om die geweld in ons buurt te sien, maar dis hoog tyd dat ons saamstaan en sê genoeg is genoeg.

“Daar is ’n God wat omgee en Hy wil ons land genees en deur gebed kan dit verander.

“Ons vergeet so gou waarvandaan ons kom, maar ek glo ware liefde verdryf alle vrees.”

Die konsert sal in die Klein-teater gehou word. Die kaartjies is R50 en die show begin 19:00.

Die gaskunstenaars is Ronald Morkel, Grinylia de Vos, B Natural, Leilani Steyn, Clarique Davids, Thereza Thys en Carmen Davids.

  • Vir meer info oor die konsert, bel Mbuzeli by 060 881 9754.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters