18 dae gelede
Dj Zinhle opgemaak oor nuwe bae
VERLIEF? Daar is glo ’n nuwe liefde in DJ Zinhle se lewe.  ~ Gallo Images

AS DAAR een mens is wat ’n ou verdien wat heeltemal gaga is oor haar, is dit Mama ka Kairo.

Ek was so happy toe ek gister op Zalebs lees DJ Zinhle (36) het ’n nuwe liefde in haar lewe.

Die mammie van Kairo (4) verdien opregte liefde nadat haar baby daddy, die rapper AKA (32), haar vir die hoeveelste keer in die steek gelaat het.

Dit is nou al ses maande dat Zinhle en AKA nie meer saam is nie. Ek het julle mos voorheen vertel AKA is nou met ’n 21-jarige meisie doenig.

Dit gons nou al geruime tyd dat die DJ ’n nuwe ou het. Luidens Sunday World is hy ook in die musiekbedryf.

Sy naam is glo Murdah Bongz. Hy is ’n lid van die gewilde plaaslike musiekduo Black Motion.

Uitdaging

Volgens ’n ingeligte is daar behoorlik sparks tussen dié tweetjies.

“Sy post deesdae foto’s van die blomme wat by haar afgelewer word en bedank haar ‘baby’ daarvoor,” verklap die ingeligte.

“Die twee praat al sedert Maart en dit is vir hulle ’n uitdaging om mekaar te sien, siende dat AKA se ma, Lynn Forbes, by Zinhle in haar huis woon tydens die lockdown-periode.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters