5 dae gelede
DJ wek glo 2 kids buite eg
black coffee
DJ Black Coffee en sy vrou Enhle Mbali voor al die drama.  ~ Argief

BLACK Coffee, die internasionaal bekroonde DJ, het glo twee kinders buite die huwelik gewek.

Volgens City Press se bronne het die DJ twee kinders van 12 en 14 maande buite die huwelik.

Hy en sy vrou, die aktrise Enhle Mbali, staan op skei.

City Press het die eerste keer in Julie berig dat die egpaar op pad is na die skeihof.

Enhle het in November in 'n emosionele video op Instragram haar stilte verbreek.

“Alles wat ek tot vandag toe gedoen het, is om my kinders te beskerm. Alles wat ek nog ooit probeer het, was om ’n wonderlike vrou te wees. 'n Ondersteunende vrou, een met respek. Nie net vir my partner en almal wat rondom hom is nie,” het sy gesê. - Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters