15 dae gelede
DJ Ermy se nuwe song gou op TV
sukses: Die video van DJ Ermy se nuutste liedjie, “Succesful”, wys binnekort op Channel O, MTV en Trace. foto verskaf  ~ 

DIE Swartlandse musikant Ermon Markus, oftewel DJ Ermy, is nou nader aan sy groot droom om ’n televisiester te wees.

Die musiekvideo van die nuutste liedjie van dié jong en talentvolle rapper en deejay van Riebeek-Wes, “Successful­”, is so pas deur Channel O, MTV en Trace TV vir uitsending aanvaar.

“Ek het al vyftien musiekvideo’s ingestuur vir televisie en nie een van hulle is aanvaar nie. Tot nou ...” vertel DJ Ermy.

Studio

“Ek het altyd geglo ek sal eendag as musikant sukses bereik, al was daar baie negatiewe kommentaar tydens my opkoms in die musiekbedryf.

“Ek het my slaapkamer omskep in ’n studio, waar ek die afgelope ses jaar my musiek geskryf en beats compose het.

“Ek het ‘Successful­’ in July diéjaar vervaardig.

“Die liedjie gaan oor my perspektief op die musiekbedryf en al wat ek wil hê, is sukses as musikant. Dis ook op YouTube beskikbaar.”

Belangstellendes en aanhangers kan DJ Ermy op alle sosiale platforms kry onder die naam DJErmySA.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters