Verlede maand
Dit word ‘warmer’ in Jussie-saak
los saak: Kim Foxx se emails het nou uitgelek.Foto: chicago tonight  ~ 

NUWE teksboodskappe wys nou dat die Chicago-aan­klaer in die Jussie Smollett-hofsaak in die saak ingemeng het.

Dít kom ’n paar weke nadat Kim Foxx haar aan die saak onttrek het, omdat sy gekla het die “washed-up celeb” het te veel sake teen hom.

Foxx se kantoor het op 19 Februarie ’n verklaring uitgereik dat sy haar aan die saak onttrek. Maar later is gesê sy “het haar nie amptelik onttrek nie”.

Die Empire-akteur was mos in die nuus toe hy beweer het hy is aangerand.

Die saak teen Jussie is ondersoek, maar later gelos. Daar is wel gesê hy moet die Chicago-polisie terugbetaal­ vir die uitgawes wat die ondersoek gekos het.

Omstrede

Die boodskappe wat nou uitgekom het, wat wys wat Foxx aan die county state se aanklaer Joe Magats gestuur het, noem JS is aangekla vir té veel mis­dade.

Magats het die saak by Foxx oorgeneem.

Foxx het Jussie se saak vergelyk met die omstrede sanger R. Kelly s’n en dat hy vir 10 sake weens seksuele abuse aangekla is.

“ ’n Pedofiel het 10 sake teen hom. ’n Washed-up celeb wat vir die cops gelieg het, het 16 sake. Net omdat ons iemand kán aankla, beteken dit nie ons móét nie.” Page Six

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters