2 maande gelede
DisGrace Mugabe aangekla van aanranding – al weer
street fighter: Die voormalige first lady van Zimbabwe, Grace Mugabe, word aangekla van aanranding.foto verskaf  ~ 

DIS tyd dat Grace Mugabe in die bek geruk word oor haar jeukerige vuiste.

Dié voormalige first lady van Zimbabwe word al weer voor die hof gesleep.

Dis oor sy haar huiswerker na bewering lelik aangerand het.

Ek lees op VOA Zimbabwe Shupikai Chiroodza sê Robert Mugabe se vrou het haar in 2017 met die vuiste en skoene bygedam.

Chiroodza sê aan NewsDay dis nadat Grace haar daarvan beskuldig het dat sy Robert uitbuit deur ’n trougeskenk van hom te aanvaar.

Sy vertel: “Sy het my met die vuiste begin slaan en op my geskree.

“Sy het gesê ek melk haar man agter haar rug. Ek het nie ’n woord gesê nie, want ek was vrek bang.

“Sy het toe haar skoene uitgetrek en my daarmee geslaan totdat my voorkop, mond en neus gebloei het. Dit het so 20 minute aangehou.”

Chiroodza sê die saak is in Mei 2017 uitgegooi.

Dis mos die einste Grace wat die Suid-Afrikaanse model­ Gabriella Engels na bewering in Augustus 2017 in ’n hotel in Sandton aangerand het.

Sy is gou landuit nadat die destydse minister van internasionale betrekkinge en same­werking, Maite Nkoana-Mashabane, diplomatieke immuniteit aan haar toegestaan het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters