8 dae gelede
‘Dis tyd vir myself’
SINGLE GIRL: Selena Gomez is al vir twee jaar alleen.  ~ WSJ Magazine

SELENA Gomez het ’n groot jaar wat op haar wag.

Haar eerste album in vier jaar het die titel Rare en kom nou uit. Die hits “Lose You to Love Me” en “Look at Her Now” is daarop.

Die 27-jarige boorling van Texas het aan die tydskrif WSJ gesê sy is reg vir uitdagings.

Haar derde studio-album is ’n reflection van haar breakup met Justin Bieber en sy daaropvolgende verhouding met die model Hailey Baldwin, saam met wie hy in 2018 afgehaak het.

Die voormalige Disney-ster het gesê sy was platgeslaan toe die verhouding geëindig het. Sy is sedertdien enkellopend.

“Ek het tyd nodig met myself. Ek hou daarvan om saans na my kamer toe te gaan. Net ek en my hond. Uitgestrek in my bed.”

Selena se medeliedjieskrywer, Julia Michaels, sê wel dat Selena erken het sy soek ’n boyfriend.

“Ek en Justin Tranter sal in die studio ingaan voor Selena opdaag. Dan text ek haar en vra in watse mood sy is.

“Sy sal dan sê sy is sterk en gelukkig, maar sy soek ’n boy­friend.” DailyMail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters