3 dae gelede
Dis mos g’n bombshell
GOUE MEISIE: Charlize Theron is benoem vir ’n Oscar in die kategorie vir beste aktrise vir haar rol in Bombshell.  ~ Getty Images

ONS goue meisie gaan dalk binnekort met ’n goue Oscar-beeldjie in die hand pronk.

Jip, Charlize Theron van Benoni in Suid-Afrika is benoem in die kategorie vir beste aktrise vir haar rol as Megyn Kelly in die movie Bombshell.

Die goue meisie se kompetisie om die toekenning is Cynthia Erivo, Scarlett Johansson, Saoirse Ronan en Renée Zellweger.

Dit is die derde keer dat onse goue meisie vir die gesogte Oscars benoem is

Bedank

As Charlize die toekenning wen, kan sy dit in haar display-kassie sit reg langs haar Oscar vir beste aktrise wat sy in 2004 gewen het vir haar uitmuntende rol in die movie Monster. Die 44-jarige is ook in 2006 vir ’n Oscar benoem as beste aktrise vir haar rol in North Country.

Charlize het die academy bedank dat hulle haar raakgesien en benoem het. “Goeie genade! Ek is stomgeslaan! Baie dankie @The Academy.”

Ons sal op 10 Februarie kiertsregop voor die kassie moet sit om te sien of ons goue meisie met dié goue beeldjie gaan wegstap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters