11 dae gelede
Dis g’n joke dié nie, dis ‘Legally Blonde 3’
’N DERDE EEN: Reese Witherspoon gaan haar rol hervat as Elle Woods in Legally Blonde 3.  ~ Foto Verskaf

IS JULLE reg vir ’n derde Legally Blonde-movie?

Ek lees op Sky News daar is nou nuwe verwikkelinge in die derde aflewering van dié fliekreeks.

Mindy Kaling en Dan Goor gaan die script vir die movie skryf en hulle gaan glo ’n vars, nuwe spin daarop sit.

Hulle gaan darem nie álles vervang nie, want Reese Witherspoon gaan na haar ikoniese rol as die opstêrs Elle Woods terugkeer. Haar produksiehuis, Hello Sunshine, gaan die fliek vervaardig.

Fokus

Reese het al in 2018 bevestig ’n sequel is op pad en dit gaan fokus op vrouebemagtiging.

Die heel eerste Legally Blonde-fliek is in 2001 uitgereik en Legally Blonde 2 is in 2003 uitgereik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters