3 dae gelede
‘Dis alles vir True’
NIE SAAM: ’n Bron sê Khloé Kardashian het nie haar baby daddy teruggevat nie.  ~ Getty Images

KHLOÉ Kardashian en haar joller-eks speel lekker huis-huis noudat social distancing in Amerika toegepas moet word.

’n Bron verklap aan E! hoewel Koko se baby daddy, Tristan Thompson, nie daar woon nie, loer hy gereeld by haar en hulle dogtertjie True in.

Die ingeligte verklap: “Khloé is steeds by die huis saam met True.

Uitkom

“Hulle het nog geen play­dates saam met True se niggies en neefs gereël nie. Hulle speel by hulle onderskeie huise agter in die jaart.”

Hoewel hulle nie mag uitkom nie, kom loer Tristan gereeld in by klein True, wat binnekort twee word.

“Tristan loer in en hy het selfs vir paar dae by Khloé se huis oorgebly sodat hy tyd saam met True kan deurbring. Hulle is almal gesond.”

Die bron voeg by dat Khloé en langeraat nie weer ’n couple is nie. Die derra wou net weer sy dogtertjie sien.

“Khloé en Tristan is nie weer saam nie. Om die beste co-parents te wees is hulle enigste prioriteit.”

Um ... Watch maar, dis nie meer lank nie, dan skop hy weer sy pantoffels onder Koko se bed in.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters