3 maande gelede
Dinge muf tussen DJ Fresh en SABC
DJ FreshFoto: news365.co.za  ~ 

HY WAS eens ’n reus op die airwaves.

Maar nou lees ek op Channel 24 dat SABC Radio DJ Fresh, oftewel Thato Sikwane, summier afgedank het.

Die ou is mos onlangs van die lug af gehaal nadat hy lelike goed op die lug gesê het. Sy PR-mense het dit ’n “unfortunate choice of words” genoem.

Die gewilde DJ is toe vir twee weke suspend en het glo ingestem tot ’n public apology.

Maar nou sê die SA Broadcasting Castration Fresh het geweier om jammer te sê – en dís waarom sy kop moes rol.

Die SABC beweer in ’n brief gedateer 28 Junie van Fresh se lawyers het hy daarop aangedring om terug te keer werk toe en dit duidelik gemaak dat geen verskoning aangebied sal word nie.

Dié weergawe verskil hemelsbreed van die verklaring wat DJ Fresh Maandag uitgereik het waarin hy sê hy hét ingestem om verskoning te maak.

Rumours

Wat ’n deurmekaarspul!

Boonop loop daar ook rumours dat die reuse- man (ek het hom ontmoet en hy hang gedurig in die gym uit) het ’n kontrak met Khaya FM gesign.

Dis jammer dat die ou se stem vir eers stil is, want ek hou nogal van die groot man se lag en vriendelikheid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters