4 maande gelede
Die ware Serena
sterk vrou: Serena Williams maak oop oor hoe mense haar sien. foto verskaf  ~ 

SERENA Williams se gespierde boude pryk op die voorblad van Harper’s Bazaarse Augustus-uitgawe.

En die 23-malige Grand Slam-kampioen se halfkaal-kiekie waar sy in ’n sexy goue rok pose, is nie ge-edit nie.

Die feature is gedoop “The Naked Truth”.

Dié tennisster, wat ook vroeër vanjaar as die rykste vrou in sport aangewys is, het gepraat oor wat mense al oor haar kwytgeraak het.

“Ek is al elke naam in die boek genoem. Ek is al geshame oor my liggaamsvorm.

“Ek is al unequally betaal oor ek ’n vrou is. Kortom, dit was nog nooit maklik nie. Maar dan dink ek aan die volgende meisie wat gaan kom en soos ek lyk en ek hoop dat my storie haar sal help.”

Asvaal

Baie mense het die nuwe mammie geprys oor sy braaf genoeg is om haar boude te wys. Maar daar is ook mos altyd nare mense wat kop uitsteek. En sommige van hulle het uitgewys hoe haar lyf soos ’n man s’n lyk.

Een fan skryf op Instagram: “Ek is mal oor hoe rou dié is. Jy kan regtig die skoonheid sien.”

’n Ander een kla die ster se boude lyk asvaal: “So, wil jy vir my sê hulle kon nie haar booty olie nie?”

’n Fan kom op vir Serena en comment: “Mense is so gewoond daaraan dat mense beroemd word en hulle neuse afsny en fake bodies kry.

“Hulle waardeer nie dit wat real is nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters