8 maande gelede
Dié vlei is vol intrige
Die geldhaai Wendy (Rehane Abrahams) treiter haar kliënte.  ~ 

WAS jy Maandagaand voor die kassie vasgenael?

Dit was mos die eerste episode van Arendsvlei, kyk­NET & kie se splinternuwe teleno­vela.

Arendsvlei is ’n fiktiewe dorp op die Kaapse Vlakte. Die Hoërskool Arendsvlei is ’n onafhanklike skool en die middelpunt van alles.

Die skoolhoof, Beatrice, vertolk deur die talentvolle Jolene Martin, het die skool gestig om vir die kinders in die gemeenskap ’n goeie opvoeding teen ’n bekostigbare prys te bied. Dit was ’n passieprojek wat befonds is uit erfgeld ná haar pa se dood.

Sommer in die twee eerste episodes is daar groot marakkas. ’n Jong kind word geskiet, ’n ander een word geboelie, ’n vrou wat pal op haar man se kop sit, is vasbeslote om in die skoolbeheerraad te dien en daar is ’n vroulike geldhaai wat haar dogter opsteek om kwaad aan te hits.

Dié reeks van 156 episodes is in Kaapstad verfilm en vervaardig deur Penguin Films vir kykNET & kie.

Dit kom in September 2019 tot ’n einde.

Laat weet ons wie jou gunsteling-karakter tot dusver is.

Early B se musiekvideo vir Ben Ten het gedrop.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters