29 dae gelede
Dié twee al 21 jaar een
LANK SAAM: Victoria en David Beckham het 21 jaar terug afgehaak.  ~ eonline.com

KAN julle glo die Beckhams is 21 jaar getroud?

Die sokkerlegende David (45) en die voormalige popster en nou modeontwerper Victoria (46) het hul 21ste huweliksherdenking dié naweek in die sosiale media gevier deur ’n video met foto’s van hulle te post. Die twee het mekaar bedank vir hul wonderlike jare saam.

Vreugde

Victoria skryf: “Ek raak elke dag liewer vir jou. Gelukkige huweliksherdenking. Ek kan nie glo dis 21 jaar sedert ons troudag nie.

“Vier honde, vier kinders en soveel vreugde.”

David het teruggedink aan die dag toe hy Posh Spice die eerste keer sy oog gevang het.

“Dit was byna 23 jaar gelede. Ek het saam met (sy spanmaat) Gary Neville in ’n kamer gesit en na die Spice Girls op TV gekyk. Ek het vir hom gesê ek like die een in die catsuit.

“Wie sou kon dink ons sou ná al die jare ons 21ste huweliksherdenking vier en vier van die pragtigste, mees perfekte kids hê?”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters