16 dae gelede
Dié sterre skitter blinkste op rooi tapyt
Tracee Ellis Ross  ~ Getty Images

SONDAGAAND was die grootste celebs in hulle beste vere uitgevat vir die 92ste Oscar-toekenningsaand.

Dis by die Dolby Theatre in Los Angeles gehou.

Ek weet nie van julle nie, maar my oë was op die rooi tapyt gevestig. Ek het sommer vinnig besluit watter vyf celebs se posh outfits my gunstelinge is.

  • Heel eerste op my lysie is Tracee Ellis Ross (47).

Die aktrise van die sitkom Black-ish het in haar goue Zuhair Murad Couture-rok soos ’n real life Oscar-beeldjie gelyk. Sy het die skitterende rok met die plunging neckline en slit voor by Vanity Fair se afterpaartie aangehad.

  • In die tweede plek is dit die Engelse aktrise en sangeres Cynthia Erivo (33). Sy het soos ’n engel gelyk toe sy in ’n mas­siewe, stylvolle ball gown deur Versace op die Oscars se rooi tapyt verskyn.
  • Janelle Monáe (34) het die koppe laat draai in ’n swaar, silwer langmourok wat sowat 600 uur geneem het om te maak. Die Ralph Lauren-rok het ’n hoody en daar is 160 000 Swarovski-kristalle op.
  • Scarlett Johansson (35) was die ene eenvoud en elegansie in ’n pragtige, silwer, skouerlose satynrok deur Oscar de la Renta. Die mesh bodice met silwer gedrapeerde materiaal en die lang sleep het die rok ekstra edge gegee.
  • Florence Pugh (24) het uitgestaan in ’n teal Louis Vuitton-rok. Volgens die modehuis se website is die rok oor 10 dae gemaak. Ses verskillende naaldwerkers het hulle hande op die riffel-rok gehad.
Tracee Ellis Ross
Cynthia Erivo
Janelle Monáe
ScarlettJohansson
Florence Pugh

    Lewer kommentaar op hierdie artikel
    0 reaksies
    Lewer kommentaar
    Kommentaar 0 oorblywende karakters