10 dae gelede
Dié rapper hou hom op met krieket vir die jeug
Kurt-Lee Hammond  ~ Foto Verskaf

DIÉ rapper laat niks in die lewe hom onderkry nie en hy glo met harde werk en toewyding kom sukses.

Die musikant Kurt-lee Hammond van Jeffreysbaai, wat deesdae in Humansdorp bly, glo alles is moontlik met die regte gesindheid.

Kurt-lee vertel: “My song ‘Jou Ma Waardeer’ het ek geskryf vir my ma wat deur ’n moeilike tyd gegaan het nadat sy in haar huis aangeval is.

“Ons het opgestaan en geveg vir justice. Baie vroue ervaar geweld, maar bly stil oor hulle bang is vir viktimisasie. Dit is nou die tyd om uit te praat, want dit bring genesing.

“Veral in dié tyd van lockdown is daar ook baie vroue wat deur moeilike tye gaan, maar daar is hoop.”

Die rapper wei uit oor sy lied: “Ek was bevoorreg om met die talentvolle producer Charisma in die ateljee van Receptive Sound saam te werk.

Geleentheid

“My ander passie is krieket en ek is bevoorreg om by die Kouga Cricket Performance Centre te werk waar ons die jeug onderrig in die sport.

“Ek is dankbaar teenoor my krieket-mentor, Ralton Fortuin, vir die geleentheid.

“Wat ’n voorreg om ’n verskil te maak by die All Star Krieket-akademie met jeug-coaching.

Bel Kurt-lee se bestuurder, Weiden Ruiters, by 065 949 1339.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters