11 dae gelede
Die nuwe queen!
nuwe rol: Lorcia Cooper wys volgende week gesig in The Queen.Foto: getty images  ~ 

LORCIA Cooper is binnekort in ’n ander gedaante te sien.

Die Safta-bekroonde aktrise het bekend geraak as Charmaine in die eertydse sepie Backstage. Sy vertolk ook die rol van die hardegat gangster Tyson in Lockdown.

Nou het sy ’n rol losgeslaan in Mzansi Magic se The Queen. Sy gaan Cordelia speel.

Dié is ’n vuurvreter wat die septer gaan swaai wanneer sy Harriet Khoza se besigheid gaan oorneem. Harriet is die legendariese Connie Ferguson se karakter.

Cordelia gaan die cocaine game change en as ’n mert ’n hele paar nuwe reëls inbring.

Dankbaar

Kyk, ons weet om teenoor Connie te speel, is ’n helse voorreg.

Lorcia het op Instagram geskryf sy is opgewonde om lid te wees van die sepie se cast.

“Ek is in my noppies daaroor om in The Queente wees. #Dankbaar. Laat my toe om julle aan Cordelia voor te stel.”

Die uitmuntende aktrise se fans was self in die wolke.

Een skryf in die comments: “Welkom by die Queen-familie. Ek hoop en wens die rol is long term, want ek laik nie daai scary tronk-show waarin jy is nie.”

’n Ander een het laat hoor: “Een van my gunsteling-aktrises in my gunsteling-sepie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters