9 dae gelede
Die Legends is 'n ligpunt
John Legend
BRING VERMAAK: John Legend en sy vrou, Chrissy Teigen, het hulle fans entertain met ’n live konsert.  ~ Getty Images

IN DONKER tye soos hierdie het ons mense soos die Legends nodig.

Siende dat almal (veral daar oor ’ie waters) social distancing toepas en in Jan Tuisbly se karretjie ry, het John Legend besluit om ’n gratis aanlyn konsert te hou.

En sy vrou, Chrissy Teigen, kon nie besluit wat om na die konsert aan te trek nie, al vind die konsert in haar eie pozzy plaas.

Dié mammie van twee het fans op Twitter gevra wat sy moet aantrek na haar man se live Instagram-konsert.

Uit die vier opsies – pienk mini-rok, oranje pofmou-rok, ’n blink sequined rok en ’n wit handdoek – het die meerderheid van die 70 000 mense wat aan Chrissy se poll deel­geneem het, vir die eenvoudigste opsie gegaan.

Die spierwit handdoek, natuurlik.

’n Fan twiet: “Die wêreld het ’n handdoek-Chrissy nou meer as ooit nodig.”

Uitgedaag

John het laat hoor dat hy nie ’n broek gaan aantrek nie, maar wel ’n gown oor hom gaan gooi. Ek het gister na die aanlyn konsert op sy Instagram feed gaan kyk.

Hy sit inderdaad voor die klavier in ’n gown en die video is amper ’n uur lank.

Chrissy join hom later in die video natuurlik in haar handdoek en ’n doek op die kop. John het in die post vir Charlie Puth en Miguel uitgedaag om ook ’n online concert te doen terwyl almal in social distancing is.

Ek hoop Miguel het geluister, want ek sal my laaste bottel sanitiser gee om amper ’n uur lank na sy hits te luister.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters