3 dae gelede
Die coolste republiek gaan ’n paartie gooi
Vibe-minister: Donovan Goliath sê die Republic of Extra Cold se event op 28 Desember gaan die coolste paartie ooit wees.  ~ Gallo Images

VERONDERSTEL jy bly in ’n republiek waar Pearl Thusi die president is. Die grapjas Donovan Goliath is die minister van vibe, Boity Thulo is die minister van drip, Ayanda MVP is die minister van beats en die minister van die summer bod is Junior Khoza!

Dit klink mos na ’n lekker plek, nè?

Wel, dis maklik vir jou om ’n burger van die Republic of Extra Cold (ROEC) te word. Besoek net Castle Lite se website en doen aansoek om ’n burger van die ROEC te word.

Jy kan ’n kans staan om op ’n ysberg êrens in die Atlantiese Oseaan saam met van die coolste mense in Mzansi – einste Donovan, Pearl, Boity, Ayanda MVP en Junior Khoza – te paartie.

Die komediant Donovan het dié week by ons ingeloer en ons meer van die coolste paartie op 28 Desember vertel.

Dra

“Ons beplan die wonderlikste, coolste ervaring in die middel van die Atlantiese Oseaan. In kort; ons gaan op ’n ysberg paartie.”

En wat dra ’n minister van vibe na ’n ysberg-paartie toe?

“Sjoe, ek moet die minister van drip, Boity, en die minister van summer bod raadpleeg oor wat om aan te trek.

“Wie weet, dalk hou ek my lyf Faf de Klerk en daag op in ’n speedo.”

En presies hoekom is Donovan die regte persoon vir die minister van vibe-pos?

“Ek is mal oor mense, ek is dol oor ’n good time, ek hou daarvan om mense ’n goeie tyd te gee en ek hou eerlikwaar daarvan om mense gelukkig te sien.”

Burgerskap

As jy dit nie kan maak vir die jol op 28 Desember nie, sal daar ander events wees wat jy kan bywoon. Hou dié blad dop vir meer inligting hieroor.

Waarvoor wag jy, gaan op die website en kry jou burgerskap van die ROEC!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters