3 maande gelede
Die ander tipe kleefplastiek
Nie body goals: Kylie Jenner (links) en Kim Kardashian het hul figure in stywe klere afgeshow.Foto: DAILYMAIL.CO.UK  ~ 

VINKEL en koljander, die een se butt is faker as die ander. ’n Amper identiese Kylie Jenner (20) en ousus Kim Kardash­ian (37) in hul superstywe vaal leggings het dié week die koppe laat draai.

Daily Mail berig die sussies het in Kardashian-land, Calabasas in Kalifornië, uitgehang. En soos gewoonlik het hul klere min aan die verbeelding oorgelaat. Jy kon nie hul uurglasfigure en mooi gevormde boude (danksy chirurge) miskyk nie.

Kylie se maag is so plat soos ’n strykplank nadat sy vier maande gelede die lewe geskenk het aan haar dogter, Stormi Webster.

Dames, ontspan: Dis nie body goals dié nie. Dié aandaghonger vroue het ’n kleinhuisie vol geld en kan dokters en kenners bekostig wat hulle só laat lyk. Die res van ons moet net gesond eet en oefen.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters