17 dae gelede
Dié 15 vroue dring deur!
Koningin: Mej. Suid-Afrika, Sasha-Lee Olivier, het gisteraand die top-15 bekend gemaak. foto’s verskaf  ~ 

DIE name van die 15 mooiste vroue in Mzansi is Woensdagaand aangekondig!

Nou kan die publiek hul stemme laat inrol oor wie hulle in die gesogte Mej. Suid-Afrika-kompetisie se top-10 wil hê.

Ons huidige mej. Suid-Afrika, Sasha-Lee Olivier, het die name van die 15 finaliste op Instagram bekend gemaak.

  • Anarzade Omar (21) is van Crown Gardens in Johannesburg. Sy het BA (strategiese kommunikasie) in bemarking aan die Universiteit van Johannesburg studeer.
  • Aphelele Mbiyo (24) is gebore en getoë in Mthatha in die Oos-Kaap, maar sy bly tans in Lonehill, Johannesburg. Sy het ’n BA-graad in geïntegreerde bemarkingskommunikasie.
  • Busisiwe Mmotla (27) kom van Soweto. Sy is ’n senior en FET-onderwyseres wat haar graad aan die Universiteit van Johannesburg verwerf het.
  • Chantelle Pretorius (24) is van Tshwane afkomstig. Sy bring ses tot nege maande per jaar in Europa deur, waar sy voltyds as model werk.
  • Jordan van der Vyver (24) woon in Groenpunt in Kaapstad. Sy is ’n internasionale model wat gewoonlik hierdie tyd van die jaar in Amerika werk.
  • Karishma Ramdev (25) kom van Chatsworth in Kwa­Zulu-Natal, maar sy woon tans in Johannesburg. Sy werk as ’n gekwalifiseerde dokter by die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal.
  • Lebogang Mahlangu (24) kom van Soshanguve in Gauteng. Sy is ’n koswetenskaplike wat navorsing en ontwikkeling doen. Sy is ’n maatskaplike entrepreneur wat ’n gemeenskapsbakkery in Soshanguve besit.
  • Matsepo Sithole (21) is van Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal. Sy is ’n voltydse vierdejaar-regstudent aan die Universiteit van Pretoria.
  • Melissa Nayimuli (24) kom van Butterworth in die Oos-Kaap. Deesdae woon sy in Johannesburg, waar sy as ’n account manager vir ’n bemarkingsagentskap werk.
  • Natasha Joubert (22), is van Centurion en is ’n public relations officer. Sy is ook die stigter en eienaar van die maatskappy Natalia Jefferys (Pty) Ltd.
  • Olin-Shae de la Cruz (26) woon in Bryanston en is in die finale jaar van haar studies in ondernemingsbestuur in Media Operations Management.
  • Palesa Keswa (23) is van Sasolburg in die Vrystaat. Sy het voorgraads ekonomie en risiko-bestuur studeer. Sy doen tans haar honneursgraad in ekonomie aan die Noordwes-Universiteit.
  • Savannah Schutzler (24) is afkomstig van Rondebosch. Dié aktrise is ’n Matie.
  • Shudu­fhadzo Musida (23) van Ha-Masia, Limpopo, het ’n graad in sosiale wetenskap.
  • Thato Mose­hle (25) is van Klerksdorp. Dié mediese dokter voltooi op die oomblik haar internskap.

So, nou weet jy wie die top-15 is. Dit gaan jou wel ietsie kos om vir jou gunsteling te stem. Hoe werk dit?

Kaart: Gaan bloot na misssa.co.za of Computiket se webwerf en betaal met jou kredietkaart.

Kontant: Doen die betaling kontant by die Money Market counter by enige Checkers, Checkers Hyper, Shoprite of Usave.

Daar is drie bundles:

1. R20 vir vier stemme.

2. R50 vir 12 (2 gratis).

3. R100 vir 25 (5 gratis).

Die publiek se stemme is gelyk aan dié van ’n vyfde beoordelaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters