5 dae gelede
Diddy is reg om na kids te kyk
familie: P. Diddy sien nou om na sy en Kim Porter se kinders.foto’s verskaf  ~ 

P. DIDDY het die week ingespring by sy nuwe rol as single derra.

Sean “Diddy” Combs se baby momma, Kim Porter, het onlangs afgesterf, maar sy het hom mooi geleer hoe om na hulle kinders om te sien. Die tweetjies het drie kinders saam.

Die music mogul het op sy Instagram gesê hy sal nou elke oggend die kids skool toe moet neem.

“Hoe gaan dit, julle? Vandag begin die journey. Dankie vir al julle gebede en ondersteuning. Ek is ook nou lid van die 06:00 crew.”

Maar ek sien op E! die derra van vyf sê dis vir hom ’n plesier om na sy klôgoed om te sien.

Hy sê ouer wees is ’n pragtige journey en hy het geleer om single ma’s en pa’s wat die rol van albei ouers vervul, te waardeer.

Hy het ’n update vanuit sy kar gegee toe hy die kinders by die skool gaan aflaai het.

In die caption staan: “Nuwe dag. Nuwe lewe. Nuwe verantwoordelikhede. Kim, ek kan dit doen. Nes jy my geleer het. Ek’t die beste leermeester gehad. #KimPorter.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters