Verlede maand
Demi wakker ná oordosis
Demi Lovato  ~ glamour.com

DEMI Lovato se mense het eindelik iets gesê oor haar beweerde overdose.

Die 25-jarige ster was in die verlede baie openlik oor haar dwelmverslawing en geestesgesondheid. Sy het onlangs die song “Sober” uitgereik waarin sy erken sy’t teruggeval in haar slegte gewoontes.

Een van die ster se reps het aan E!News erken: “Demi is wakker en haar familie is by haar. Hulle wil net dankie sê aan almal vir die liefde, gebede en ondersteuning.

“Sommige stories wat gepubliseer is, is onwaar.

“Die familie vra dat hul privaatheid gerespekteer word en dat daar nie hieroor gegis moet word nie. Demi se gesondheid en herstel is nou die belangrikste.”

E!News berig Demi se ma, Dianna De La Garza, en haar 16-jarige suster, Madison De La Garza, was by die Cedars-Sinai Mediese Sentrum in Los Angeles nadat die sangeres in ’n ambulans na dié hospitaal geneem is.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters