14 dae gelede
Demi-Leigh se Tim leer Afrikaans
Die dolverliefde paartjie, Demi-Leigh en Tim. Foto
Die dolverliefde paartjie, Demi-Leigh en Tim.  ~ Instagram

DEMI-LEIGH Nel-Peters, voormalige Mej. Heelal, se verloofde Tim Tebow is nie net mal oor biltong en droëwors nie, maar leer ook nou om Afrikaans te praat. 

Demi-Leigh en Tim Tebow, 'n bekende bofbalspeler, het al verskeie kere gesê hoe lief hy vir Suid-Afrikaanse kos is.

In 'n nuwe Instagram-video sit die twee op 'n bank en eet droëwors waarna Tim afshow met 'n paar Afrikaanse woorde wat hy by Demi-Leigh geleer het.

"Om die Afrikaans-ding te leer is baie tough, maar dié (droëwors) is nie tough nie. Dis amazing," sê Tim.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters