Verlede maand
Demi bring hulde aan oorle oupa
OORLEDE: Demi Lovato kry ’n soentjie van onder andere haar oupa.  ~ Instagram

DEMI Lovato se oupa Perry Hart het Donderdag gesterf nadat hy jare lank siek was.

Die 27-jarige sangeres het in die sosiale media foto’s van haar oupa gedeel.

Sy het gesê die hele familie is in rou. Om dinge erger te maak, kan hulle weens die pandemie nie vir Hart ’n behoorlike begrafnis hou nie.

Herinneringe

“Hy was lank siek. Ek is verlig hy het nie meer pyn nie.

“Die man was vreeslik lief vir God en hy was een van die beste predikers wat ek gehoor het wat die woord van God versprei het.

“Ek is lief vir jou, Oupa. Ek is spyt ons het nie meer foto’s saam geneem nie, maar ek het soveel herinneringe wat my sal laat glimlag totdat ons mekaar weer ontmoet. Rus sag. Love jou.” -  Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters