13 dae gelede
Daller hou show
flinkste vingers: Die bekroonde pianis Megan-Geoffrey Prins tree in die Baxter op.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE bekroonde pianis Megan-Geoffrey Prins bied op 27 Julie 19:30 ’n solo show in die Baxter-teater aan.

Die jong man van Rivers­dal het eers onlangs terug­gekeer van oorsee. Hy het vyf jaar daar gewerk.

In sy nuwe vertoning speel hy die nuwe stuk “Finding/Being”, waarvoor hy gecommission is vir die onlangse Na­tional Arts Festival in Grahamstad.

Prins is lief vir die musiek van veral die Russiese komponis Sergey Rachmaninoff.

In die Baxter gaan hy juis wys hoe goed hy onder meer dié moeilike werke kan perform.

Die aand word afgesluit met ’n vinnige een deur Franz Liszt.

Kaartjies vir dié show van 90 minute kos R150.

Koop dit by Web­tickets of bel die Baxter by 021 85 7880.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters