9 dae gelede
DaBaby innocent, oukei?
lekker buite: DaBaby smaak mang niks nie.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

MAGTAG, maar ek vind dit pynlik om aandag te gee aan ’n suurstofdief soos dié.

Maar dis maar ’n stil tyd van die jaar en jy moet gryp wat jy kry, nè.

Ek het onlangs oor daai rapper DaBaby (huh?) geskryf.

Oor hoe, volgens TMZ, die cops hom gearresteer het daar in Miami.

En nou sê TMZ die rapper het oopgemaak oor sy 48 uur in die Miami-Dade County se tjoekie.

Hy het dit mos as “swak” bestempel en gesê hy gaan steeds fokus op sy musiek en geld.

Mislei

Hy het ook gesê niks sal hom stop op sy pad na sukses nie.

En dat sy supporters nie mislei moet word nie, maar dat hy diegene wat hom te gou judge, tog sal vergewe.

En dat alle allegations teen hom vals is. En die allegations teen DaBaby?

Wel, ’n concert promotermoes hom $30 000 (sowat R428 000) betaal, maar daag toe op met net $20 000 (so R285 000).

Toe moer die rapper se crew hom dik en steel die ou se appelsap, $80, ’n kredietkaart en sy iPhone7.

Ek kan dié k*k nie opmaak nie, al wil ek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters