17 dae gelede
Couple end die game
verby? Die rumours vlieg dat Irina Shayk en Bradley Cooper nie meer ’n item is nie. Foto: laineygossip.com  ~ 

DIE Amerikaanse akteur Bradley Cooper (44) en die Russiese supermodel Irina Shayk (33) is glo nie meer ’n item nie.

’n Informant skinder die couple weet nie meer of hulle saam wil wees nie.

Intussen het die skinderblad The Sun berig die beeldskone donkerkop het reeds uitgetrek uit hulle paleis van $4,6 miljoen (net onder R69 miljoen).

Die stories van ’n split is glad nie nuut nie. In Oktober het dit al uitgekom dat die couple miserabel is.

Natuurlik wonder almal of Lady Gaga (33), Bradley se medester in A Star Is Born (wat Bradley gedirect het), iets met die break-up te doen gehad het.

Mense het veral gewonder wat tussen die twee aan die broei is nadat hulle in hulle Oscar-duet­ net te cosy gelyk het.

Hoewel Lady Gaga volgens mirror.co.uk net dae voor Bradley se break-up haar verlowing aan Chris­tian Carino (50) verbreek het, hou sy vol sy het nie in Irina se slaai gekrap nie.

Dogter

Iemand het aan E! News gesê Bradley en Irina het ’n rowwe paar maande agter die rug en daarom het sy besluit dis beter dat sy haar eie woonplek kry.

Dít kom nou ná stories dat die twee ongelukkig is, maar saamwoon ter wille van hulle dogter, Lea de Seine Shayk Cooper (2).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters