9 dae gelede
Coolste hip-hop event net uitgestel

JULLE, moenie stres nie, want Castle Lite Unlocks is maar net uitgestel en nie afgestel weens die Covid-19-krisis nie.

Die brand het gister in ’n verklaring gesê hy is in kontak is met sy head­lining act, die Amerikaanse rapper Cardi B, oor die uitstelling van dié massiewe hip-hop-fees wat veronderstel was om op 12 Junie in die Ticketpro Dome in Johannesburg plaas te vind.

“Ons deel die teleurstelling van ons fans gedurende dié onseker tyd.

“Die brand gee om vir sy ondersteuners en ons kan nie die toenemende bekommernisse oor veiligheid en gesondheid rondom Covid-19 in Suid-Afrika en die res van die wêreld ignoreer nie.

“Ons gaan teen einde Maart nog besonderhede oor die nuwe datum en kaartjies met julle deel.

“Ons wil julle verseker dat Castle Lite Unlocks steeds die coolste hip-hop event in Suid-Afrika gaan host wanneer dit veilig is om so te doen.”

Terugbetaal

Die brand het ook bygevoeg dat kaartjies wat fans reeds gekoop het steeds geldig sal bly. Wanneer die nuwe datum vir die event aangekondig word, sal fans kan besluit of hulle hul kaartjies wil hou en of hulle die geld terug wil hê.

As jy nie meer die event wil bywoon nie, sal jou kaartjiegeld ten volle aan jou terugbetaal word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters