6 maande gelede
Conor en 50 in twar
EISH! Die bekgeveg tussen 50 Cent en Conor McGregor is weer mooi op loop. Foto: discohunter.com  ~ 

JEEEZ! Wie sou kon dink twee so-called hardegatte kan sulke prima donnas wees?

Die beef tussen die cage fighter Conor McGregor en die rapper 50 Cent is weer aan die gang.

Alles het mos verlede jaar begin met Conor wat 50 ’n bitch genoem het omdat hy in Floyd Mayweather se kamp was. Conor het teen Mayweather verloor. En toe fire 50 mos terug dat hy Conor in ’n street fight sou uithaal.

Die rapper het op ’n tyd ge-post Conor het sy girlfriend, Dee Devlin, verneuk met die sanger Rita Ora.

Verlede week het Conor omtrent vir 50 geblaas oor die rapper se claim dat swart mense beter gene het. Hy sak toe af die rapper moet sy old-man boobs (moobs) uithaal vir die mense. Saam met dit het hy ’n foto ge-post van 50 waar hy kaalbolyf is.

“I am made of granite. You need a bra.”

Eish.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters