7 dae gelede
Claire dra weer die kroon
claire foy
Claire Foy as Koningin Elizabeth II in die vierde seisoen van The Crown.  ~ Jack Valentine

CLAIRE Foy maak haar terugkeer in die vierde seisoen van The Crown in 'n toneel waaroor Suid-Afrikaners gaande sal wees.

Die toneel is 'n flashback van 'n jong Koningin Elizabeth II wat 'n toespraak op haar 21ste verjaarsdag lewer.

Die toespraak is op 21 April 1947 in die tuine van die regeringshuis in Kaapstad gelewer. Elizabeth, toe nog 'n prinses, het saam met haar ouers en suster, prinses Margaret, in Suid-Afrika getoer.

Foy het die rol van die queen in die eerste twee seisoene vertolk en is met 'n Emmy bekroon vir haar skitterspel.

Sy is in die derde seisoen deur Olivia Colman vervang wat 'n ouer weergawe van die queen speel. - Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters